Wynand Johan Bezuidenhout Studente nommer

Wynand Johan Bezuidenhout
Studente nommer: 216038170
B.Ed. SF/VOO 3
Wiskunde Geletterdheid 3 Kurrikulumstudies: MML 362S
Mev E FleischmannOpdrag 3: Emosionele Intelligensie
Plagiaat verklaring
PLAGIAATVERKLARING
Die inhoud van hierdie opdrag is my eie werk en alle bronne wat ek in die taak aangehaal is korrek aangehaal volgens die CPUT Harvard Refrencing sisteem,
55245078740
Geteken: Datum: 16 September 2018

Inhoudsopgawe
TOC o “1-3” h z u 1. INLEIDING PAGEREF _Toc524951272 h 32. WAT IS EMOSIONELE INTELLIGENSIE? PAGEREF _Toc524951273 h 32.1 Die 4 Tak Model Van Emosionele Intelligensie PAGEREF _Toc524951274 h 32.1.1 Emosionele Waarneming PAGEREF _Toc524951275 h 32.1.2 Die Gebruik van Emosies in die Denkproses PAGEREF _Toc524951276 h 42.1.3 Begrip van emosies PAGEREF _Toc524951277 h 42.1.4 Bestuur van Emosies PAGEREF _Toc524951278 h 42.2 Samevatting van Wat Is Emosionele Intelligensie? PAGEREF _Toc524951279 h 43. DIE BELANGRIKHEID VAN EMOSIONELE INTILIGENSIE PAGEREF _Toc524951280 h 43.1 Emosionele Intelligensie in die onderwys. PAGEREF _Toc524951281 h 43.2 Ses Redes hoekom Emosionele Intelligensie Belangrik is PAGEREF _Toc524951282 h 44. DIE MEETING VAN EMOSIONELE INTELLIGENSIE PAGEREF _Toc524951283 h 55. DIE ONTWIKKELING VAN EMOSIONELE INTILIGENSIE PAGEREF _Toc524951284 h 65.1 Die onderrig praktyk en Emosionele Intelligensie PAGEREF _Toc524951285 h 66. SAMEVATTING PAGEREF _Toc524951286 h 7BRONNELYS PAGEREF _Toc524951287 h 8

We Will Write a Custom Essay Specifically
For You For Only $13.90/page!


order now

1. INLEIDINGEmosionele Intelligensie is ‘n belangrike deel in die ontwikkeling van mense se begrip van hulleself en ander. Dit kan onderwysers ook in die klaskamer help in hulle interaksie met hulle leerders.

In die taak gaan daar gekyk word in die eerste afdeling na wat is emosionele intelligensie. In die tweede afdeling gaan daar gekyk word na die belangrikheid van emosionele intelligensie, veral vir opvoeders en in die skool konteks. In die derde afdeling gaan daar gekyk word na hoe om emosionele intelligensie te meet. In die vierde en laaste afdeling gaan daar gekyk word na die ontwikkeling van emosionele intelligensie en daar gaan gefokus word op die toepassing binne Wiskunde Geletterdheid en die klaskamer/leeromgewing.

2. WAT IS EMOSIONELE INTELLIGENSIE?’n Eenvoudige definisie wat die kern van Emosionele Intelligensie uitlig is ‘n individu se bewustheid van sy/haar eie emosies en emosionele welstand. In sy boek “Emotional Intelligence : the New Rules”, gee Yeung (2009:3) die opsomming dat emosionele intelligensie behels die bemeestering van die volgende vaardighede doeltreffend, binne die individu asook in ander mense: die vermoë om emosies te kan identifiseer, om ‘n begrip van emosies te vorm en die “bestuur” en balansering van die gemoedstoestand en gevoelens.
Emosionele intelligensie kan egter verder uitbrei word deur dit te sien as ‘n individu se vermoë om te kan “redeneer” of om krities te kan dink oor emosies (beide die individu en ander) en hoe emosies ‘n individu se denke beïnvloed. (Mayer, Salovey & Caruso, aangehaal in Mayer, 2004). Kritiese denke en evaluering is nog ‘n belangrike deel in die omskrywing van emosionele intelligensie.

Die kern is die balansering van die verskillende emosies en emosionele vaardighede. In die volgende sub-afdeling gaan daar gekyk word na Die 4 Tak Model Van Emosionele Intelligensie wat aansluit by die bestuur/balansering van emosies.

2.1 Die 4 Tak Model Van Emosionele IntelligensieIn die afdeling gaan daar gekyk word na 4 tak model van Emosionele Intelligensie deur Mayer ; Salovey (aangehaal in Mayer, 2004). Die 4 tak model verwys na 4 area ‘s, vaardighede en vermoëns wat tesame die kerm van EI uitmaak. Die 4 is as volg:
2.1.1 Emosionele WaarnemingEmosionele waarneming gaan oor hoe ‘n individu sy/haar eie emosies en ander s’n waarneem en ervaar. Emosionele waarneming is ‘n nie-verbale proses wat gaan oor die ervaring en uitdrukking van emosies (Mayer, 2004). Hierdie proses is belangrik, want dis belangrik om emosies te kan waarneem en dit korrek te kan waarneem, sodat jy jouself en ander beterkan verstaan.

2.1.2 Die Gebruik van Emosies in die Denkproses
Die tweede area gaan oor die gebruik van jou emosies in die denkproses. Mayer (2004) beskryf dit as die proses waardeur emosies in die kogniese denkproses inkom en denke (of die vermoë om te dink) stimuleer. Verskillende emosies het verskillende reaksies tot gevolg, bv. Hartseer en Huil.
2.1.3 Begrip van emosiesDeur ‘n begrip te hê van Emosies en die inligting wat hulle oordra, kan die individu help om sy eie en ander se emosies beter te verstaan. Volgens Mayer (2004) behels ‘n volledige emosionele begrip: ‘n goeie begrip van die betekenis van al die verskillende emosies en die vermoë om te kan debatteer oor daai bedoelings. Die tweede deel is belangrik want verskillende mense tree verskillend op in verskillende situasie en ervaar emosies op verskillende manier, so jy moet jou begrip konstant kan aanpas.

2.1.4 Bestuur van EmosiesDie vierde tak verwys na die feit dat emosies beheer kan word. ‘n Individu moet besef dat verskillende emosies dra verskillende boodskappe oor. As jy jou emosies kan beheer en bestuur, kan jy anders optree in sekere situasies en jou eie doelwitte bereik.
2.2 Samevatting van Wat Is Emosionele Intelligensie?In die afdeling is daar gekyk na die definisie van EI. Daar is ook gekyk na Die 4 Tak Model Van Emosionele Intelligensie. Die 4 komponente bespreek in die 4 Tak model is belangrik – dit skakel aan by die ander twee komponente: Balansering/Bestuur van Emosies en Kritiese Denke. Deur die 4 komponente te verstaan en krities te analiseer, kan ‘n individu sy/haar emosies beter bestuur en balanseer.

3. DIE BELANGRIKHEID VAN EMOSIONELE INTILIGENSIEDie kern van emosionele intelligensie is dat dit bied aan die individu vermoëns en vaardighede wat belangrik is in beide inter- en intra-persoonlike ontwikkeling. Die bemeestering van EI vaardighede kan ‘n individu help om sy/haar eie emosies te kan identifiseer en vervolgens dit te kan aanpas of te manipuleer of om ander emosies te skep om hulle doelwitte te bereik. (Yeung, 2009:6)
3.1 Emosionele Intelligensie in die onderwys.In die onderwys konteks is dit baie belangrik vir onderwysers om bewus te wees van emosionele intelligensie en hoe om dit te gebruik. In die afdeling gaan ons na ‘n paar belangrike redes kyk
3.2 Ses Redes hoekom Emosionele Intelligensie Belangrik isBeter intra-persoonlike verhouding: Emosionele Intelligensie help ‘n individu om hulself beter te verstaan, hulle emosies en hulle optredes en/of reaksies. As onderwyser, kan dit jou help om jou emosies beter te verstaan en te verhoed dat jy dit op ander uithaal
Beter inter-persoonlike verhoudings: Emosionele Intelligensie help ‘n individu in hulle verhoudings met ander. As jy jouself beter verstaan, soos by die vorige punt genoem, lei dit tot beter verhoudings met ander want jy is bewus van jou optredes. Ook as jy ander se optredes beter verstaan, wat jy met ‘n beter begrip kan optree wat ook meer voordelig is.

Jy kan konflik beter hanteer, dit sluit aan by van die vorrige, maar deur jou eie en ander se emosies beter te verstaan kan jy innerlike konflik sowel as konflik met ander beter hanteer. Vir onderwysers kan dit help met konflik in die klas met jouself en leerders, tussen leerders en met ander personeel lede.

As onderwyser kan jy ‘n inklusiewe opbouende leeromgewing skep. Volgens (Jennings & Greenberg, 2009) toon sosiaal en emosioneel bevoegde onderwysers die vermoë (of vaardighede) het om ‘n atmosfeer in die klas kamer te skep (en te ontwikkel) wat ‘n verhouding tussen die onderwyser en leerders bevorder wat ondersteunend is, asook opbouend is – dit kan lei tot beter samewerking en ‘n beter inter-persoonlike verhouding tussen onderwyser en studente. Dit is belangrik, want ‘n positiewe leer omgewing bevorder leer. In die laaste afdeling gaan ons kyk na hoe om so ‘n omgewing te skep.

Probleemoplossing: as jy probleme het intern (soos om doelwitte om te bereik) of ekstern (soos om ‘n taak saam met ander te doen), kan ‘n bewustheid van emosies jou help om die probleem beter te analiseer en jy kan deur bewus te wees van jou emosies, dit beheer om te verhoed dat dit die proses negatief beïnvloed.

Ingesteldheid: as jy jou emosies kan verstaan en beheer beïnvloed dit jou ingesteldheid, maar kan ook ander se ingesteldheid beïnvloed. As jy probeer om negatiewe emosies te vermy wanneer jy projekte aanpak, sal dit makliker wees en ander sal dit optel. Bv. eerder as om te kla oor iets (soos ‘n stoute klas), probeer om die positiewe aspekte te sien en daarop te fokus (hardwerkende leerders) of kyk na wat die situasie moeilik maak en hoe om dit te verbeter (kan jy as onderwyser dalk jou benadering tot die klas verander).

4. DIE MEETING VAN EMOSIONELE INTELLIGENSIEIn die afdeling gaan ons kyk na die meeting van emosionele intelligensie. Die hoof verwysings bron is The Science of Emotional Intelligence, deur Salovey & Grewal, 2005: 281-285.

Die eerste metode behels ‘n toets met ‘n stel vrae wat ‘n individu invul. Dit werk met ‘n glyskaal waar die individu hulself ‘n punt gee van een tot vyf op die skaal. Die metode het ‘n paar probleme gehad en het gelei tot toetse wat jou vaardighede toets.
Die tweede metode en een van die bekendste is die Mayer-Salovey-Caruso Emotional Intelligence Test (MSCEIT). Die MSCEIT is ‘n 40 minute toets wat op papier of ‘n rekenaar voltooi kan word en dit werk deur ‘n individu se vaardighede te toets in vergelyking met elk van die 4 takke van emosionele intelligensie. Uiteindelik gee die toets vir jou ‘n punt vir elke tak en ‘n eind totaal. (Mayer, Salovey, Caruso, ; Sitarenios aangehaal in Salovey ; Grewal, 2005: 281-285)
5. DIE ONTWIKKELING VAN EMOSIONELE INTILIGENSIEDie goeie nuus is dat solank as wat iemand bereid is, die persoon hulle Emosionele Intelligensie kan ontwikkel. In die afdeling gaan daar gefokus word op die ontwikkeling van EI in die onderwys praktyk.
5.1 Die onderrig praktyk en Emosionele IntelligensieVolgens Mortiboys (2012:5-6) is daar twee belangrike doele wat onderwysers voor oë moet hê.

Eerste is die vermoë om beide jou eie asook jou leerders se emosies en gevoel te kan identifiseer en ooreenkomstig op te tree in die klaskamer. Dit sal tot gevolg hê beide die studente en die onderwyser beter kan optree in hulle onderskeie rolle. (Mortiboys, 2012:5)
In die Wiskunde Geletterdheid klaskamer kan ‘n onderwyser dit toepas deur te kyk hoe leerders optree. Kyk op hulle gesigte of hulle verstaan, en probeer hulle liggaamshouding te lees. Die oefening is dus om te probeer om oplettend te wees vir die leerders se emosies, maar ook seker te maak dat jy as onderwyser nie ‘n negatiewe liggaamshouding uitbeeld wat dalk ‘n verkeerde boodskap kan oordra nie.

Tweedens sê Mortiboys (2012:6) dat jy moet leerders aanmoedig om ‘n emosionele toestand te skep wat bevorderende is vir die leer klimaat. Daar kan egter uitgebrei word deur te sê as onderwyser kan jy ‘n emosionele klimaat in jou klas skep wat bevorderende is tot die leerproses.

In die Wiskunde Geletterheid klaskamer kan ons dit op verskillende maniere toepas. Die eerste is: hoe hanteer jy probleem oplossing? Is leerders gemaklik om antwoorde te gee en deel te neem aan gesprekke? As die antwoord nee of soms is, is dit ‘n ontwikkelings area. Tweedens is hoe lyk jou klas? Wat buite is het ‘n impak op die binneste. ‘n Vuil klas of vaal en vervelige klas, kan ook ‘n negatiewe ruimte skep wat negatiewe emosies kan skep of verhoed dat positiewe emosies ontwikkel.

Laastens gaan daar gekyk word na nog ‘n paar aspekte waarna (Jennings ; Greenberg, 2009) verwys het. In die tweede afdeling het ons verwys na ‘n positiewe opbouende leeromgewing. La Paro & Pianta (aangehaal in Jennings & Greenberg, 2009) beskryf ‘n paar sleutel komponente van ‘n “optimal classroom climate” of anders gestel ‘n goeie funksionerende klaskamer omgewing. Die komponente of karaktereienskappe sluit in: ‘n lae vlak van konflik en ontwrigtende optredes (of negatiewe interaksies tussen leerders en leerders en die onderwyser). Onderwysers het ‘n goeie oorgang tussen die verskillende fases van ‘n les en bydrae tot ‘n goeie samehangende les. Positiewe en opbouende uitdrukking van emosies en respekterende kommunikasie deur leerders en die onderwyser. En laastens is ‘n fokus op leerders se individuele leer behoeftes en verskille om toepaslike take en aktiwiteite te skep wat alle leerders akkommodeer.

In Wiskunde Geletterdheid is dit self verduidelikend, maar saamgevat gaan dit om ‘n leer omgewing te skep wat positief is en nie afbrekend is tenoor leerders nie
In les beplanning, behels dit om te analiseer wat die leerders se vermoë is (asook hulle emosionele kapasiteit en vermoëns). As leerders dalk op ‘n laaste periode sukkel om te werk kan die onderwyser beplan om vaslegging te doen, eerder as om ‘n nuwe onderwerp te verduidelik. In terme van aktiwiteite, gaan dit daaroor om oefeninge te skep wat leerders se behoeftes in ag neem (bv. as leerders sukkel dan fokus eers op makliker somme eerder as om net moeilike somme te doen).

6. SAMEVATTINGEmosionele Intelligensie is baie belangrik. Uiteindelik lei ‘n sterk bewustheid van ‘n individu en veral ‘n onderwyser se Emosionele Intelligensie tot ‘n sosiale en emosionele bevoegde opvoeder. Dit help die individu en die onderwyser met hulle inter- en intra-persoonlike verhoudings en vaardighede.
Nog ‘n belangrike deel is die uitwerking wat dit kan hê op die onderwyser se leerders. Dit kan lei tot ‘n groter deelname van leerders in die klas. Leerders sal meer gemotiveerd wees. Leerders sal bereid wees om kanse te neem in die leer proses want hulle is nie bang vir oordeel nie (die gevolg van ‘n opbouende omgewing). ‘n Positiewe onderwyser kan ook lei tot leerders wat positief ingesteldheid het, vir die vak en die onderwyser. Leerders sal meer bereidwillig wees om saam met mekaar en die onderwyser te werk, dit is omdat hulle die onderwyser vertrou. Laastens sal leerders meer kreatief kan wees asook meer toegewyd en gedrewe om te leer. (Mortiboys (2012).

Uiteindelik is die uitgangspunt dat EI ‘n positiewe effek het op die individu en die mense om hom of haar. Dis iets wat verbeter kan word en lei tot ‘n persoon wat beter bevoegd en voorbereid is vir die lewe, al sy uitdagings en die verskillende situasies wat die persoon mag ervaar.

BRONNELYSDulewicz, V., Higgs, M. en Slaski, M., 2003. Measuring emotional intelligence: Content, construct and criterion-related validity. Journal of Managerial Psychology, 18(5), bl.405-420.

Mayer, J. 2004. What is Emotional Intelligence?. University of New Hampshire Scholars’ Repository. https://scholars.unh.edu/personality_lab/8/?utm_source=scholars.unh.edu%2Fpersonality_lab%2F8&utm_medium=PDF&utm_campaign=PDFCoverPages 5 September 2018.

Yeung, R. 2009. Emotional Intelligence: The New Rules (Rules of EQ). London: Marshall Cavendish Limited.

Salovey, P. & Grewal, D. 2005. The Science of Emotional Intelligence. Current Directions in Psychological Science, 14(6): 281-285. http://journals.sagepub.com/doi/pdf/10.1111/j.0963-7214.2005.00381.x 5 September 2018
Mortiboys, A. 2012. Teaching with Emotional Intelligence: A Step-by-Step Guide for Higherand Further Education Professionals. 2Nd Edition. 2nd ed. New York: Routledge.

Jennings, P. & Greenberg, M. 2009. The Prosocial Classroom: Teacher Social and Emotional Competence in Relation to Student and Classroom Outcomes. Review of Educational Research, 79(1): 491-525. https://www.jstor.org/stable/pdf/40071173.pdf?casa_token=z-BwoNDZjfUAAAAA:Iw7fvvYvvwxF7M610hA4V-cO_KAc-JY2I-9E8qauYUYFylU4gqpTb65_J21s85W6qS_pdA84UTRFi_f8yOaB–iwk_mXLfLW4kjJ3CqrAu6LUv6VNjs 8 September 2018.